Welkome reën laat laag water brûe oorstroom
Gebruik alternatiewe roetes by die verskeie oorstromende brûe.

HEIDELBERG – Die welkome reën van die afgelope tyd het groot verligting gebring maar soos telkens in die verlede veroorsaak dat die laagwater brûe in die dorp oorstroom en ‘n gevaar vir motoriste en voetgangers inhou.
Brûe in Zuidstraat, Roetsstraat, AG Vissersstraat en Maréstraat moet met groot versigtigheid genader word.
Indien ‘n brug oorstroom is, word dit sterk aanbeveel dat voetgangers sowel as motoriste dit nie sal waag om oor die brûe te loop of ry nie.
Gebruik eerder alternatiewe roetes om by jou eindbestemmings uit te kom.
Terwyl die Heraut se joernalis Saterdag foto’s geneem het van die brûe wat oorstroom is, was daar talle voetgangers en motoriste wat die brûe probeer oorsteek het.
LEES OOK: Berge skaaf hul al vir die seisoen
LEES OOK: RAF warns against deliberate injury claims